Mosselsop

mosselsop


Jy benodig

  • 1 kg vars mossels
  • 2 uie, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 3 eetlepels botter
  • 3 eetlepels olyfolie
  • 3 eetlepels indonesiese vissous
  • 1 koppie witwyn
  • 3 eetlepels sojasous
  • 1 l warm water
  • 2 koppies room
  • 2 koppies melk
  • 2 eetlepels seekos-soppoeier

Só maak jy

1 Spoel die mossels deeglik onder koue lopende water af en verwyder enige sand of seegras.  Gooi al dié met gebreekte skulpe uit, asook dié wat nie toegaan as jy op die skulp klop nie.

2 Stoom die mossels in ‘n groot pot met ‘n bietjie water totdat die skulpe oopgaan.

3 Braai die uie en knoffel in ‘n bietjie botter en olyfolie totdat dit sag is.

4 Voeg die vissous, wyn en sojasous by en roer dit totdat die mengsel begin kook.

5 Gooi die water by en verhit die mengsel weer tot kookpunt.

6 Skink die room en melk in die pot en verhit dit, maar moenie dit kook nie.

7 Verdik die sop met die soppoeier, skep die mossels by, meng dit deur en geniet!

WegSleep sê: Al wat nou nog kort, is ‘n glasie yskoue witwyn.