Resepteboek: Voorskoot

Voorskoot-slider

DEUR ALETTA LINTVELT

Voorskoot covers“Wat maak ek tog nou weer dié week vir aandete?” “Gee my ’n maklik resep!” “Ek kry mense, wat kan ek maak wat min moeite is?” As jy ’n kosskrywer is, is dít die soort vrae wat die meeste na jou kant toe kom – van lesers én jou vriende.

Herman Lensing se resepteboek het ’n antwoord op dit alles. Dié sjef en Sarie-kosredakteur se kookboek is vol lekker en maklike geregte vir elke okkasie. En, tipies Herman, kry elke dis ’n moderne kinkel of hy wys jou ’n kortpad wat nie die ete van sy flair sal ontneem nie.

Die boek is verdeel in die vier seisoene, met sowat tien spyskaarte vir elkeen. Elke spyskaart bestaan uit drie resepte: ’n voorgereg, slaai of sop, ’n hoofgereg en dan ’n poeding of soetding vir na die tyd. Die meeste van die resepte is gepas vir ’n ontspannende aandjie saam met vriende, maar daar is ook spyskaarte vir ’n laatontbyt, ’n braai, of snoephappies voor die TV. Dit is beslis ’n boek wat by die meeste leers sal byval vind.

Hoewel die idee is dat ’n mens elkeen van die resepte binne 30 minute kant en klaar kan opskep, het van hulle vir my ’n bietjie langer geneem. Maar hulle was in die minderheid en ek dink as jy dié geregte eers onder die knie het, sal dit beslis vinniger gaan.

Ek verpes dit in elke geval om teen die horlosie te moet kook – die lewe is gejaagd genoeg. Solank ek net ’n uur iets lekkers kan voorsit, is ek tevrede.
Voorskoot deur Herman Lensing word deur NB Uitgewers uitgegee.

TEKEN IN EN WEN
Twee lesers kan elk ’n kopie van Voorskoot deur Herman Lensing, komplimente van NB Uitgewers, wen. Al wat jy hoef te doen, is om in te teken om die maandelikse kosnuusbrief te ontvang. Jip, dis so maklik soos dit! Die sluitingsdatum is 27 April 2014.
TEKEN HIER IN

Hieronder is drie van Herman se resepte uit Voorskoot.

Soortvan-bobotie met heuningperskes
Soortvan-bobotie met heuningperskes
Lensie-en-chorizosop
Lensie-en-chorizosop
witsjokolade-en-vanielje-ryspoeding
witsjokolade-en-vanielje-ryspoeding