Top-doendinge by die Victoria-waterval

Top-doendinge by die Victoria-waterval

Jou kamera se geheuekaart is leeg en slaggereed om jou onvergeetlike ervaring vas te vang; jy het nuwe veters vir jou deurwinterde stapskoene gekoop en jou rugsak is sekuur vasgegespe. Jy is meer as reg vir die langverwagte tog na die Victoria-waterval.

Jy weet jou ore gaan suis en jou mond gaan oopval met die eerste aanskouing van die majestieuse waterval, maar wat gaan jy die res van die tyd doen? Hier is ‘n paar idees wat min of meer dieselfde effek as die bogenoemde op jou sal hê:

Laat waai met riviervaart

Twee dinge is gewaarborg wanneer jy ’n riviervaart by die Victoria watervalle onderneem; jy sal nat word van kop tot toon en die ervaring sal jou die res van jou lewe bybly.

Riviervaart-uistappies word begelei deur hoogs ervare operateurs. Jy het ’n keuse tussen laagwater- (Augustus tot begin Januarie) en hoogwater-uistappies (Janaurie tot Maart en Mei tot Julie). Die laagwater-opsie is meer opwindend maar verg meer veel meer roei-ervaring as die rustiger hoog-wateropsie.

Trotseer die waters met jou kayak

Om die stromings met ’n kayak aan te vat is ewe opwindend en sal die adrenalien laat pomp. Jy hoef nie ’n ervare kayak-roeier te wees nie, sorg net dat jy ’n gids saam met jou neem. Oorwin die groot rivier onder die Vic-waterval sonder enige ervaring of oorgrote armspiere!

Raak rustig met dié kanoe-vaart

Die kanoe-roete loop bo die Victoria-waterval en is ideaal as jy die stiller kant van die waterval wil ontdek. Die boonste gedeelte van die Zambezi word gesien as vryvloeiend omdat dit nie deur die dam beheer word nie. Dit beteken dat die watervloei totaal onderworpe is aan die verandering van die seisoene. Hou dus die stromings dop voordat jy hierdie aktiwiteit by jou lysie voeg.

Ontmoet leeu se kind

Dit neem slegs ’n uur om nóg ’n ongelooflike ervaring by jou Vic-vakansie te ervaar. Leeus swerf sonder leibande of toue rond en welpies is naarstiglik op soek na ietsie om te vang. Dalk is jy gelukkig genoeg om te sien hoe die wyfies hul “kinders” tou wysmaak om hul prooi plat te trek.

Verken die veld vanaf ’n olifant se rug

As jy lus is vir iets heeltemal anders, is hierdie alternatiewe safari net vir jou. Verken die omgewing vanaf ’n olifant se rug en hou salig ondbewuste diere, soos die zebra en kameelperd, dop. Die rit is om en by een uur lank en interaksie met die dier is omtrent drie uur.

Vir nog opwindende en onvergeetlike doendinge by die Victoria-waterval loer op Discover Africa.