Bontebokpark | Gooi hom bokkie!

WS12_Bontebokpark_01

Kampplek: Daar is staanplekke met en sonder elektrisiteit. By dié met krag het jy die opsie om ’n gewone driepunt- of ’n blouprop te gebruik. Elke staanplek het ’n braaibak of -drom, maar jy deel ’n kraan en vullisdrom met jou buurman.

Ablusiegeriewe: Daar is ’n aparte badkamer vir mans en vroue. Elkeen is toegerus met drie wasbakke, vier toilette, drie storte en ’n bad. In elkeen is ook ’n rolstoelvriendelike kleedkamer met ’n toilet, wasbak en ’n stort. Die opwasgeriewe is effens knap en die wasbak agter die deur is eintlik onbruikbaar.

Prys: R160 per staanplek per nag vir ses mense. Jy betaal by die kantoor ’n bykomende R16 bewaringstarief per persoon, mits jy nie ’n Wild Card het nie.

Waar? Die park lê aan die teenoorgestelde kant van die N2 as Swellendam. ’n Padpredikant dui die afrit reg buite die dorp aan. Vanaf die N2 is dit 5 km grondpad tot by die hek.

Kontak: 028 514 2735 of  bontebok@sanparks.org. Die webtuiste is http://www.sanparks.org/parks/bontebok/

Hoe kom ek daar? Vanaf Kaapstad is dit ongeveer 240 km op die N2, verby Caledon en deur Riviersonderend. Hou reguit aan vir nog 45 km totdat jy die tweede Swellendam-afrit kry. Draai hier regs in die park se rigting. Vanaf Port Elizabeth volg jy die N2 weswaarts vir 540 km deur Knysna en verby Mosselbaai, Riversdal en Heidelberg. By die Swellendam-afrit draai jy links in die rigting van die park. Vanuit die Noorde kan jy met die N1 langs tot op Beaufort-Wes ry en dan links wegdraai op die N12 George toe. Klim anderkant George op die N2 en volg dit weswaarts, soos hier bo beskryf.