Frankfort-rivieroord | Brrr

WS11_Ander-Roete_12

800×600

Normal
0

false
false
false

EN-ZA
X-NONE
X-NONE

MicrosoftInternetExplorer4

/* Style Definitions */
table.MsoNormalTable
{mso-style-name:”Table Normal”;
mso-tstyle-rowband-size:0;
mso-tstyle-colband-size:0;
mso-style-noshow:yes;
mso-style-priority:99;
mso-style-parent:””;
mso-padding-alt:0cm 5.4pt 0cm 5.4pt;
mso-para-margin:0cm;
mso-para-margin-bottom:.0001pt;
mso-pagination:widow-orphan;
font-size:10.0pt;
font-family:”Times New Roman”,”serif”;}

Kampeerplek: 44 afgebakende staanplekke met krag. Elke staanplek het ’n braaier en deel ’n waterkraan en vullisdrom met sy bure.

Ablusiegeriewe: Drie netjiese, skoon ablusieblokke, met ruim storthokkies.

Prys: R100 per staanplek per nag plus R30 per kop. ’n Maksimum van vyf mense word op ’n staanplek toegelaat.

Waar? Dit maak nie saak of jy van Johannesburg of Bethlehem se kant af kom nie, ’n mens benader die dorp uit die suide op die R26 of die R34. Draai in die hoofstraat en volg dit tot waar dit Nieuwstraat kruis (ongeveer in die middel van die dorp). Draai hier links en volg die pad tot by die oord se ingang by 2A Nieuwstraat.

Kontak: 058 813 1610; www.frankfortresort.co.za